Mosaïek by Megiddo

Die ontdekking van ’n BELANGRIKE mosaïek in Israel BEVESTIG WEEREENS Israel as sleutel getuie van God se Woord. Hierdie mosaïek verifier die bestaan van ‘n Christen gemeenskap in Kfar Othnay, ‘n nedersetting uit die Romeinse en Bisantynse era.
Die argeoloë van Israel Antiquities Authority (IAA) het die mosaïek ontdek tydens die opgrawings van Kfar Othnay in 2003 tot 2005 op die terrein van die moderne Megiddo-gevangenis geïdentifiseer is.
Hierdie uitgebreide mosaïek, wat ongeveer 16 by 32 voet gemeet het, het die vloer van ‘n Christelike aanbidding saal bedek. Hierdie saal het ‘n vleuel gevorm van ‘n groot residensiële gebou wat deur Romeinse soldate gebruik is. Die saal, wat dateer uit ongeveer 230 NC, is die vroegste bewys in Israel wat na Christelike aanbidding verwys.
Die inskripsie van die mosaïek vertel ons van die skenking van die tafel deur die vrou Akeptous, wat moontlik ‘n vrou met finansiële hulpbronne en sosiale status was en word beskryf as philotheos, wat beteken “God liefhebber”. Die tafel, wat die fokus van die kamer was, het in die middel gestaan en is waarskynlik gebruik in die viering van die Nagmaal.
Hierdie bevinding bevestig dat Christen byeenkomste gefokus het op die nuwe verbond bevestig in die bloed van Jesus, soos in Handeling 2:42 “En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede”. Die gebruik van die nagmaal is in gehoorsaamheid aan die versoek van Jesus soos in Lukas 22:19. “Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.”
Hierdie buitengewone mosaïek dien as die vroegste bekende inskripsie wat Jesus as God identifiseer.
Hierdie ontdekking noodsaak ons as kinders van ons Hemelse Vader om weer ons posisie m.b.t. Israel te herbedink in erkenning dat God Israel en die Jode as instrument gebruik het om sodoende alle nasie te seën soos geskryf in Genesis 22:18 “En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.” Dit is noodsaaklik dat ons ag slaan op God se Woord oor die land van Israel, die Joodse nasie en die openbaring van Jesus Christus as die Seun van God. Genesis 22:18 en Romeine 11:17 en 18 “En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou”. verwys direk na die Jode waaruit Jesus gebore is! Baie van ons, bewustelik of onbewustelik, laat opinies ons rig in plaas van die Woord van God. Israel is nie ’n politieke entiteit nie, Israel is die Land wat God uitgekies het om alle nasies deur Sy Seun Jesus Christus te seën.
