Geloftedag : 16 Desember
Die 464 boere het op hierdie dag ons Hemelse Vader aangeroep in erkenning van hulle totale afhanklikheid van God se intrede in hul stryd teen die 16000 Zulu mag. Hulle het nie gekyk na hulle self en hul eie onvermoe nie, maar het hulle self gewerp in die Almagtige hande van God van die Hemel en die aarde. Hierdie daad van afhanklikheid is deur die woorde van hul gelofte voor God bevestig. Soos in enige verhouding, is ‘n verhouding ook met God as ons Hemelse Vader gefundeer in liefde en wedesyds van aard. Die boere het hulle hart geopenbaar voor God en het gebied alles wat hulle het in ruil vir God se intrede, ‘n gelofte wat oor geslagte heen strek. Baie mense kan die mening he dat hulle nie deel gehad het aan die gelofte nie, maar wat ons moet besef dat liefde oor die grens van generasies heen werk.
Om die genoemde stelling beter te verduidelik wil ek noem dat ‘n gelofte tussen mens en God is, en wedesyds strek. God het ‘n belofte gemaak dat Hy ons sal red deur Sy Seun Jesus Christus, hoewel ons nie persoonlik betrokke was toe God die belofte gemaak het nie, deel ons steeds aan die voordeel daarvan. Net so was ons nie betrokke by die gelofte wat die 464 boere voor God gemaak het op die 16 Desember 1838 nie, maar tog deel ons in die seen van daardie oorwinning wat God behaal het. Die gelofte “Hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde om ʼn gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ʼn dankdag soos ʼn Sabbat sal deurbring; en dat ons ʼn huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.” was tot eer en erkenning van God, en die gelofte om dit jaarliks te vier is ter nagedagtenis aan wat God gedoen het vir die boere wat daardie dag daar was.
Dit gaan nie oor die boere nie maar oor die almag van God. As ons nagmaal gebruik, gebruik ons dit ter nagedagtenis van wat Jesus vir ons gedoen het, Hy het die oorwinning behaal vir ons, al was ons nie daar nie. Die oorwinning wat God vir die boere behaal het, is ‘n oorwinning wat God behaal het oor die vyand, sodat ons vandag nog kan weet dat ongeag van die “odds”, as God vir ons is, wie kan dan teen ons wees.
Ons herdenk die geloftedag nie oor die 464 boere wat ‘n oorwinning behaal het nie, maar oor God wat getrou is om die wie se harte op Hom gerig is kragtig te ondersteun.
2 Kronieke 16 vers 916″Want die oë van die HERE deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is”,
