Die toekoms van Gasa
Vandag is Gaza en die mense van Gasa ‘n omstrede onderwerp, wat op 7 Oktober 2023 begin het toe Hamas-terreurorganisasie hul ware kleure van boosheid gewys en die grense van Israel geskend het, onskuldige mense vermoor en ontvoer het. Die genoemde onuitgelokte optrede het ‘n verdedigingsoorlog deur Israel begin om die gyselaars te bevry en ‘n herhaling van 7 Oktober te voorkom en vrede te bewerkstellig.
Ons moet nie onkundig wees oor wat gebeur nie, behalwe dat Hamas ‘n aangewese terreurorganisasie is, het hulle ‘n instrument in die hand van die vyand van God geword. Antisemitisme is op Israel gerig omdat die vyand van die God van Abraham, Isak en Jakob nie sy toorn teen God kan rig nie, daarom kom hy teen die volk wat God vir Homself gekies het. God het die Jode, Israel, gekies om die hele wêreld deur Jesus Christus te seën.
‘n Interessante feit is dat die wêreldmedia in die hand van die vyand speel in die sin dat hulle, soos die vyand van God, altyd die een element van die menslike natuur gebruik – die emosie van deernis. Hy vertroebel ons oordeel deur emosie en mislei ons oor die waarheid.
Antisemitisme, rassisme en humanisme word baie effektief in die vyand se hande gebruik om ons aandag van die waarheid af te lei. Antisemitisme en rassisme word gebruik om die vyand se magte teen Israel te mobiliseer, dit word gesien in die handboeke wat deur UNWRA gebruik word om die kinders te onderrig. Sodra Israel weerwraak neem ter verdediging, gebruik die vyand humanisme om die wêreld agter hulle te mobiliseer. Dit word duidelik gesien in die manier waarop Hamas agter die Gasans skuil en voorgee dat hulle die teiken van Israel is. Daar is net een probleem, ons neem nie God en Sy regverdige oordeel in ag nie, want God oordeel nie op grond van menslike emosies nie, Hy oordeel op grond van Sy volmaakte Woord.
In God se Wet het God in Eksodus 20:17 beveel: “Jy mag die huis van jou naaste nie begeer nie; Jy mag nie die vrou van jou naaste begeer of sy dienskneg of sy diensmeisie of sy bees of sy donkie of enigiets wat jou naaste behoort nie.
Die rede waarom God ons beveel het om nie ons naaste se besittings of grond te begeer nie, is gebaseer op die eenvoudige beginsel dat ons almal deur God geseën is, en as ek die naaste se dinge begeer, kan ek nie die seën wat ek ontvang het, waardeer of verstaan nie. Om die betekenis van hierdie beginsel te verstaan, wil ek die volgende verhaal vertel. “Daar was ‘n vrou wat op ‘n heuwel met ‘n rivier gebly het waar sy haar water vandaan kry. Elke dag het sy rivier toe gegaan met haar twee klei flesse wat sy op ‘n stok oor haar skouers gedra het, by die rivier het sy dit tot op die rand gevul en teruggestap huis toe. As sy by haar huis kom, gooi sy die water in ‘n groter houer. Die een kleipot het egter ‘n paar krake gehad en die water het daar deurgelek. So eendag het die klei kruik wat die krake gehad het, die vrou gevra hoekom sy hom aanhou gebruik, aangesien hy die water op die grond uit lek terwyl sy van die rivier af terugstap. Sy het toe die klei kruik na buite geneem en hom die pad gewys wat sy elke dag van die rivier af loop. Daar vra sy hom om na die pad aan die linkerkant te kyk waar sy die klei kruik met nie die krake het dra, en vra hom wat hy sien. Die klei kruik sê hy kan niks anders as die pad sien nie. Die vrou vra hom om na die kant te kyk wat sy hom dra op pad van die rivier af. Hy sien toe pragtige blomme en die vrou antwoord hom en sê: Al is jy gekraak, is dit deur daardie krake dat jy die blomme natmaak.”
Elkeen van ons kan vrugbaar wees as ons, ons rykdom en insette wat ons binne hierdie wêreld kan gee, begin besef en dis enige-iets soos vriendelikheid. Die mense van Gasa kan ‘n seën wees as hulle begin kyk na wat hulle ontvang het eerder as om te begeer wat aan Israel belowe is.
In vandag se wêreld is daar baie menings en ideologieë oor reg en verkeerd. Maar die een opinie wat die belangrikste en verreweg die mees konsekwente is wanneer dit kom by reg en verkeerd, is die Woord van God. Soos reeds genoem, het God vir ons ‘n wet gegee wat sê dat ons nie ons naaste se dinge moet begeer nie. In die Ou Testament het God in genade ’n profeet gestuur om hulle te vertel van hul onreg en die gevolge as hulle, hul nie bekeer nie.
In 700-650 VC het die Here twee van sy profete gestuur om ‘n waarskuwing teen Gasa te bring, en hierdie waarskuwings kan in hierdie tyd weer relevant wees vir Gasa, maar ook ‘n waarskuwing vir almal van ons wat teen God se Woord en Sy beloftes kom. Die eerste profeet is Amos wat hierdie waarskuwing teen Gasa in Amos 1:6-7 gebring het: “Vir drie oortredings van Gasa, en vir vier, sal Ek die straf daarvan nie afwys nie, omdat hulle die hele ballingskap gevange geneem het om hulle aan Edom oor te gee. Maar Ek sal ‘n vuur stuur op die muur van Gasa, wat sy paleise sal verslind.” Alhoewel sommige mense beweer dat die verwysing na gevangenes soos in vers 6 iets te doen het met ‘n gebeurtenis wat in 2 Kronieke 21:16-17 beskryf word, waarin die Filistyne Juda binnegeval het en lede van die koninklike huis as gevangenes geneem het. Is die genoemde gebeurtenis soortgelyk aan die onwettige inval in Israel deur Hamas op 7 Oktober 2023, wat onskuldige mense doodgemaak en mense gevange geneem het.
Een ding van God en Sy Woord, is dat Sy beloftes in vervulling sal kom, maar dit is nie aan tyd gebonde nie. Kom ons kyk na Jesaja 66:8 “Wie het so iets gehoor? Wie het al sulke dinge gesien? Sal die aarde in een dag geboorte gee? Of sal ‘n nasie dadelik gebore word? Want sodra Sion in kraam was, het sy geboorte gegee aan haar kinders.” God het belowe dat Hy Israel as ‘n land sal hervestig, en Hy het dit in 1948 gedoen in ‘n tyd toe mense gedink het dat Israel net ‘n geestelike plek is, maar Jesaja het hierdie woorde in 600 VC gespreek.
Dan vind ons nog ‘n profesie oor Gasa in Sefanja 2:4 wat sê dat Gasa verlaat sal word.
Een ding wat ons weet wanneer dit by die toekoms kom, dit is nie in ons hand nie, maar God s’n. Ons weet nie of dit gaan gebeur of hoe dit gaan gebeur nie, God het die mense van Nineve ‘n tweede kans gegee nadat hulle hulle bekeer het. God kan Gasa ‘n tweede kans gee as hulle, hul tot God sal wend. Indien nie, is hulle lot in God se hand, maar weet seker dat God ‘n regverdige regter is.
Laat ons aanhou bid vir die vrede van Jerusalem en vir die mense van Gasa om weg te draai van boosheid en duisternis en om in God se lig te kom!

Baie interressant en insiggewend.